Gemeentebediening
Die diensterrein vir Gemeentebediening gee veral aandag aan die gemeente self en vra voortdurend en in groot afhanklikheid van God:
- Waarmee is ons as gemeente besig?
- Is ons met die regte dinge besig?
- Waarheen is ons op pad?
- Watter planne van aksie moet gemaak word?
- Hoe moet take herbelyn word?
- Watter veranderinge moet plaasvind?
- Hoe kan ons meer die gemeente word wat die Here wil hê dat ons moet wees?
Seniors
Ons seniorbediening is ’n waardevolle deel van die gemeente. Dit sluit besoeke, pastorale sorg en sosiale funksies in, met weeklikse byeenkomste in samewerking met die Kuilsrivier Dienssentrum, wat nie net ons lidmate nie, maar ook seniors uit die breër gemeenskap van Kuilsrivier insluit. Ons het ook ’n spesiale verbintenis met die tehuis vir bejaardes binne ons gemeentegrense, waar ons elke Donderdag ’n biduur. Ons glo daarin om elke senior met waardigheid en deernis te ondersteun en hul unieke lewensverhaal te vier.
Vrouebediening
Die Vrouebediening is ’n lewenskragtige en toegewyde groep vroue wat hul gawes en tyd gebruik om diensbaar te wees binne die gemeente én die breër gemeenskap. Deur verskeie geleenthede vir geestelike groei, dienswerk en gemeenskap, bied hierdie bediening ruimte vir betekenisvolle betrokkenheid. Kontak gerus die kerkkantoor om uit te vind hoe jy deel kan word van hierdie waardevolle bediening.
Jeug
Die jeug van ons gemeente is lewendig en betrokke, met verskeie programme wat daarop gemik is om jongmense geestelik te versterk en gemeenskap te bou. Gedurende skoolvakansies bied ons opwindende vakansieprogramme aan wat fokus op pret, leer en geloof. Die River Community Club bied een maal per maand op ‘n Vrydag, in samewerking met die buurgemeentes ‘n dinamiese aandprogram vir die jeug aan. Verder word die Good News Club elke Dinsdag by Laerskool De Kuilen aangebied, waar jong kinders meer leer oor die Bybel en Jesus se liefde. Ons nooi alle jongmense uit om betrokke te raak en deel te word van hierdie groeiende geloofsfamilie.
Aanbidding
Aanbidding is die uitdrukking van ons liefde en eerbied aan God, met ons hele hart, siel en verstand. Saam as gemeente vier ons God se grootheid en bring ons lof en dankbaarheid voor Hom.
Met my mond sal ek die Here met oorgawe prys, tussen baie mense sal ek Hom loof;
Rom 109:30 (Afr 2020)
As dit jou roeping is om deel te wees van ons aanbidding, kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.
Diakonie
Ons diakens, ouderlinge en dienswerkers is ’n waardevolle deel van ons eredienste en sorg dat elke persoon welkom voel. Hulle speel ook ’n belangrike rol in die pastorale sorg, waar hulle ondersteun en versorg volgens die behoefte van ons gemeente.
Uitreike
Ons is dankbaar om betrokke te wees by verskeie uitreikprojekte soos Aksie Samaritaan, Mfuleni Kinderhuis en Mosambiek Handevat. Deur hierdie dienste leef ons die Groot Opdrag uit en deel ons God se liefde met diegene wat dit nodig het. “Gaan dan heen, maak alle volke dissipels…” (Matteus 28:19).
Kontak die kerkkantoor of besoek ons Gemeenskap blad vir meer inligting of om uit te vind hoe jy betrokke kan raak, en so ’n verskil kan maak in ons gemeenskap.
Leer en Aktuele Sake
Ons werk saam met die Wes-Kaap Sinode en Algemene Sinode om op hoogte te bly van die belangrike gebeure en uitdagings binne ons kerkverband. Deur die inligting van die Sinodale Taakspanne te volg, kan ons beter betrokke raak en bydra tot die ontwikkeling van ons gemeente en land. Klik op die skakels om meer te leer en te sien hoe jy ook ’n verskil kan maak.