Bydraes kan op verskillende maniere gedoen word. Tyd en hande speel ‘n baie belangrike rol in hoe jy kan bydra tot hierdie gemeente. Kyk asb. op ons “Bedienings” blad om te sien hoe en waar jy kan help. Finansiële bydraes is egter ook nodig vir ons om te groei en ons gemeente te onderhou.
Bankkollekte
Weeklikse bydraes wat tydens die erediens opgeneem word.
Dankoffer
Maandelikse bydraes wat elektronies of per debietorder gedoen kan word.
Deurkollekte
Spesiale offers wat weekliks by die deure opgeneem word vir spesifieke projekte of instansies soos op ons kalender aangedui.
EFT
NG Kerk Kuilsrivier
ABSA Zevenwacht
Lopende rek nr: 3010-160-447
Takkode: 632 005
Debietorder
Dankoffers kan maandeliks gedoen word d.m.v. ‘n debietorder. Jy kan dit self met jou bank reël.
Snapscan
Elektroniese bydraes kan nou ook gemaak word met Snapscan. Volg die stappe om die toepassing op jou slimfoon af te laai:
- Installeer Snapscan op jou selfoon.
- Maak die toepassing oop en volg die instruksies om jou bankkaart te koppel met jou pin kode.
- Skandeer die QR kode. (jy kan op die kode klik as jy alles op jou foon doen)
- Tik die bedrag in.
- Maak ‘n keuse uit die keuselys (drop down menu met verskillende opsies)
- Druk die BETAAL knoppie.
- Tik jou pinkode in.
- Transaksie sal dan verwerk word en jy sal bevestiging ontvang.