As gemeente is dit vir ons belangrik om uit te reik na die gemeenskap. Ons doen dit op verskillende maniere en vat hande met verskeie instansies.
Aksie Samaritaan
Aksie Samaritaan is ‘n nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om die evangelie te verkondig aan die haweloses in Kuilsrivier met woord en daad.
Masigcine Kinderhuis
Masigcine Kinderhuis in ‘n registreerde kinderhuis in Mfuleni, waar 28 kinders tussen die ouderdomme van 3 maande en 6 jaar, woon. Kinders word deur die Kinderhof na hierdie kinderhuis verwys a.g.v.:
Verlatenheid
Verwaarlosing
HIV
Huis de Kuilen
Huis de Kuilen poog om verblyf, versorging en ondersteuning vir bejaardes in ons gemeenskap te bied deur die optimale benutting van hulpbronne en dienste om die hoogste moontlike lewenskwaliteit van ons inwoners te verseker.
Kuilsrivier Dienssentrum
Kuilsrivier Dienssentrum lewer ‘n diens aan die gemeenskap met diensbaarheid.
Jan Kriel Instituut
Jan Kriel Skool fokus op die onderrig en opleiding van leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
Badisa
Die doel van Badisais om programme in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap te implementeer en vol te hou wat maatskaplike dienste en residensiële sorg aan kwesbare mense verskaf. Ons doen dit in samewerking met gemeenskappe, kerke, ander organisasies, die regering en befondsers.